Rooihemde (Verenigde State)

Die rooi hemde van die suidelike rooihemde.
Prent van Benjamin Tillman, 'n leier van meer rooihemde in Suid-Carolina.

Die Rooihemde (Red Shirts) in die Suidelike Verenigde State was 'n witbaasskap paramilitêre terroristegroep wat aktief was laat in die 19de eeu aan die einde van die era van Heropbou in die Verenigde State se geskiedenis.

Die Rooihemde se groepe het ontstaan vanuit Mississippi in 1875, toe polities konserwatiewe private terreurgroepe rooi hemde aangeneem het om hulself meer sigbaar en gevaarlik te maak vir die progressiewes in die Suidelike State. Hul geledere het bestaan uit beide blankes en vrygelate slawe. Soortgelyke groepe in die area van Carolina het ook die rooi hemde gedra.

Red Shirts
Leiers Benjamin Tillman

Ellison D. Smith Josephus Daniels Claude Kitchin

Datums aktief 1875–1900
Saamgesmelt met Ku Klux Klan
Bondgenoot Demokratiese Party
Motiewe Afskaffing van slawerny en omverwerping van die Konfederase
Hoofkantore Suid Carolina
Aktiewe areas Suidelike VSA (veral state van Carolina)
Ideologie Witbaasskap

Anti-heropbou

Alliansies Demokratiese Party, Ku Klux Klan
Opponente Republikeinse Party, Swart Amerikaners
Gevegte en oorloë Hamburg se bloedbad

Wilmingtonse opstand van 1898

Van die mees prominente Rooihemde was ondersteuners van die Demokratiese Partykandidaat Wade Hampton gedurende die verkiesingsveldtog van Suid-Carolina in 1876 en 1878. The Rooihemde was een van verskeie paramilitêre organisasiesfere, soos die White League in Louisiana, wat ontwikkel het uit volgehoue pogings van wit Demokrate om politieke mag in die suide te herwin. Hierdie groepe het as die militêre arm van die Demokratiese Party opgetree.

Terwyl die Rooihemde partykeer by geweld betrokke was het hulself, die White League, skietklubs en ander verwante groepe openlik laat in die negentiende eeu geopereer. Hulle was beter georganiseerd as ondergrondse terroristegroepe soos die Ku Klux Klan.

Die Rooihemde het van organisasie, intimidasie en dwang gebruik gemaak om die Demokrate se politieke oogmerke om mag te herstel deur die Republikeine omvêr te gooi en die siviele- en stemregte van vrygelate slawe te onderdruk. Gedurende die verkiesingsveldtogte van 1876, 1898 en 1900 in Noord-Carolina het die Rooihemde 'n prominente rol vertolk met die intimidasie van kiesers wat anti-Demokratiese Party gesind was.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search